Local newsNews

Bernice se sagte plekkie vir NG Wilgespruit se jeug

Bernice West skitter by optrede vir die jeugbediening van NG Wilgespruit.

Die jeugbediening van NG Kerk Wilgespruit het op Vrydag, 24 Februarie ‘n fondinsameling vir die jeugkamp wat in Maart gaan plaasvind, gehou.

Ds Braam Smith en Mariëtte van Rooyen, die jeugbediening voorsitter. Foto: Chanté Bolton.

Die fondse wat ingesamel is gaan vir die kinders wie se ouers nie kan bekostig om vir die kamp te betaal nie.

Die fondinsameling het bestaan uit ‘n optrede deur bekende kunstenaar Bernice West en die verkoop van worsbroodjies en ander versnaperinge. Al die kaartjies vir die optrede het verkoop.

Alicia Meyer en Bernice Lategan. Foto: Chanté Bolton.

“Ons moes selfs die gallery van die kerk oopstel as gevolg van die groot aanvraag van mense wat die konsert wou gaan kyk!” het Bernice Lategan, wat al 10 jaar in die kerkkantoor werk, en vyf jaar saam met die jeug, vertel.

Hennie van Schoor en Ronnie Harper het gehelp om die vleis te braai. Foto: Chanté Bolton.

Bernice West, wat self in die kerk grootgeword het vertel oor haar passie vir die jeug, “My pa was ‘n pastoor – hulle het ook met die jeug gewerk – so daar sal maar altyd ‘n soft spot vir dit wees en vir die mense wat dit ondersteun.”

Volgens leraar van die kerk, ds Braam Smith het hulle waarlik die kerk se situasie in ag geneem en ingestem om die optrede te doen.

Die jeug kom elke Donderdag bymekaar en dit is oop vir almal, nie net lede van hierdie kerk nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button