Een man bied hoop teen dwelmverslawing
Deeglik bewus van die gevare verbonde aan dwelmmisbruik - Neil wil nou verhoed dat ander dieselfde paadjie stap as hy.
Neil Ray Herrendover wil dwelmverslaafdes daaraan herinner dat daar tog hoop is om hulle verslawing hok te slaan en dat dit nie nodig is om alleen daarteen te veg nie, want, ‘baie mense kort hulp’.
Eens op ‘n tyd was Neil self in die kloue van die gevaarlike dwelm bekend as ‘Tik’. In die tronk het hy egter besef daar moet ‘n ander manier van lewe wees. Om dwelms geheel en al af te skryf is egter nie so maklik nie. Dit was eers toe hy in die hospitaal beland het as gevolg van longontsteking dat hy finaal besluit het genoeg is genoeg. Dit was ook daar waar hy besluit het hy moet ander help met hulle stryd teen dwelms.

Op hierdie stadium het Neil nege lede van die gemeenskap wat al vir drie weke saam met hom die stryd voer, en hy wil enige persoon wat ook hulp nodig het uitnooi om uit te reik na hom.
Hulle is gebaseer in Luipaardsvlei, maar wil graag uitbrei na Witpoortjie. Neil het ongelukkig nie sy eie foon op hierdie stadium nie, maar die gemeenskap kan hom op sy ma (Monica) se nommer kontak by 076 885 8929.
Lees meer: Davidsonville se teenvoeter vir dwelms is sport
Neil vra vir enige donasies wat sal help om bemarking te doen vir sy saak.



