Local news

‘Wanneer jy iemand oordeel, kritiseer jy eintlik God se skepping’

'n Mens se tong is dalk een van die kleinste liggaamsdele, maar kan ook as jou grootste wapen gesien word, aangesien dit woorde uitstuur wat ander baie seer kan maak.

Florida Park — Navorsing het bewys dat die gemiddelde persoon ten minste 7 000 woorde per dag praat; woorde wat jy gebruik om jou merk op die wêreld, en die mense daarin, te laat.

Baie mense gebruik daagliks woorde om die wêreld ‘n beter plek te maak, maar, sommige mense se woorde word net gebruik om ander af te breek en seer te maak.

Lees ook: ‘Hier is ek, my naam is Janu’

Dit is iets waarvan die 52-jarige Marissa Coetzee, ‘n data analiseerder by ‘n marknavorsingsmaatskappy beslis kan getuig. Sy het vertel dat sy, nadat sy die artikel oor die negejarige Janu van Heerden gelees het, het haar hart dadelik na hom toe uitgegaan.

Marissa Coetzee.

“Ek het ook dieselfde tipe geboortevlek as wat Janu het. Myne is op die linkerkant van my gesig en nek en ek het toe ek 18 en 20 jaar oud was, vir laserbehandeling (copper vapor laser) gegaan, wat die merk so ietwat ligter gemaak het. Ek is wel gelukkig dat my geboortevlek nie ook met Sturge-Weberdindroom gepaard gaan nie,” het Marissa gesê.

Lees ook: Dit is elke ouer se droom om sy kind gelukkig te sien

Sy het bygevoeg dat sy van jongs af erg onder boelies by die skool deurgeloop het, “Die kinders het my konstant gespot en name genoem, van die kinders het my hanteer asof ek ‘n aansteeklike siekte het. Dit het van my ‘n baie skaam kind gemaak. Die een spotnaam wat ek goed onthou is Vlekkie.

“My ma het maar altyd getroos en moed ingepraat en raad gegee, toe ek baie klein was het sy my altyd vertel die engele was so lief vir my en het my almal gesoen voor ek gebore is dit is hoekom ek die merk het. Een stukkie raad wat sy my gegee het, het baie goed gewerk en dit was as die ander kinders my spot of terg om saam met hulle te lag, want hulle kry nie die reaksie wat hulle wou hê nie. Maar dit het nogsteeds baie seergemaak.”

Marissa Coetzee.

Lees ook: Sturge-Weber-sindroom, dit is hoekom ek anders lyk

Toe sy jonger was, was daar nie sosiale media nie, en die inligting rondom haar geboortevlek was nie volop beskikbaar nie. My ma het navraag gedoen, en toe ek 10 jaar oud was, het ons van ‘n laserbehandeling in Amerika uitgevind. Maar, nadat ek ‘n vrou van Suid-Afrika ontmoet het wat vir hierdie behandeling gegaan het, en met ‘n groot litteken op haar bo-lip gelaat is, het ek besluit dat ek nie dit wou doen nie, want ek wou ook nie ‘n litteken hê nie,” het sy verduidelik.

Marissa Coetzee. Foto’s: Adéle Bloem.

Sy glo dat daar nie genoeg bewustheid geskep word rondom geboortevlekke, sindrome en wat daarmee gepaardgaan nie wat veroorsaak dat dié wat anders lyk baie swaar kry, en haar boodskap is eenvoudig, “Mense moet op hou oordeel en dinge sê wat kan seermaak. My Tannie sê altyd as ons mense oordeel oor hoe hulle lyk dan kritieseer ons eintlik vir God want Hy het ons gemaak soos ons is en Hy maak nie foute nie”.

Lees ook: Wys so jou ondersteuning vir mense met geboortevlekke

Sy het afgesluit, “Ek kry eintlik baie van die boelies jammer, want so met die lewe het ek uitgevind dat meeste boelies iewers anders in hul lewe geboelie word en ongelukkig word hulle verweer dan om self ander te boelie”.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button