KidsLocal newsSport

Resiesry is in sy bloed

Al het CJ eers in 2022 aan motorsport begin deelneem, het hy reeds daarin geslaag om groot opslae te maak.

Sedert Laerskool Dr Havinga leerder, CJ de Lange, vir die eerste keer agter ‘n stuurwiel ingeklim het, is go-kart resiesry, oftewel go-karting, vir hom soos tweede natuur.

Volgens dié 12-jarige het hy reeds op 7-jarige ouderdom die koppe laat draai en vertel graag hoe hy gedurende sy tweede besoek aan ‘n go-kart baan, ‘n sekond onder die baan se beste rondte geëindig het.

Also: Only SA’s best karters get to wear Max green-and-gold

CJ de Lange het ‘n passie vir die sport. Foto: Alanicka Lotriet.
CJ de Lange het ‘n passie vir die sport. Foto: Alanicka Lotriet.
CJ de Lange het ‘n passie vir die sport. Foto: Alanicka Lotriet.

Hy het egter eers in 2022 aan motorsport begin deelneem, en het reeds daarin geslaag om groot opslae te maak. In minder as ‘n jaar het CJ ‘n totaal van 36 resies in beide die F400 Karting en Prokart SSS Endurance Karting liga’s voltooi. Go-kart renjaers ry ongeveer 20 tot 30 rondtes met drie resies per byeenkoms.

Also read: Go-kart Crazy at Die Ruiter

Na slegs ‘n paar maande in die motorsportwêreld word dié ywerige renjaer in November laasjaar vir die eerste keer as kampioen gekroon tydens ‘n Prokart SSS Endurance Karting resies by die Vereeniging Kart Circuit. Hy was boonop vyfde in die F200 kampioenskappe voordat hy moes aanskuif na die F300 kategorie.

CJ de Lange het ‘n passie vir die sport. Foto: Alanicka Lotriet.
CJ de Lange het ‘n passie vir die sport. Foto: Alanicka Lotriet.
CJ de Lange het ‘n passie vir die sport. Foto: Alanicka Lotriet.

“Daar is selfs nagresies en ek is baie trots om te noem dat ek my F300 debuut gemaak het tydens so ‘n nagresies. Nie net is dit ‘n baie lekker sport nie, maar dis ook lekker om so tyd saam met my familie te kan spandeer,” het hy vertel.

Verder het CJ sy merk gelos by Formula-K in Benoni, Zwartkops Raceway in Pretoria en iDube Raceway in KwaZulu-Natal. Aangesien die sport fisies veeleisend is, moet CJ ook baie van sy tyd aan fiksheid en oefening bestee.

 

“Ek het baie vinnig besef dat selfs ‘n 100ste van ‘n sekond ‘n groot verskil maak. Daarom help elke bietjie oefening en voorbereiding. Ek is baie dankbaar en bevoorreg om aan motorsport te kan deelneem. Ek het van kleins af ‘n groot liefde vir karre gehad, en nou word my drome bewaarheid,” het CJ vertel.

Dit kom dus as geen verrassing dat die jong renjaer daarvan droom om eendag vir Redbull in Formula 1 te ry nie.

CJ de Lange het ‘n passie vir die sport. Foto: Alanicka Lotriet.

Met F1 wêreldkampioen, Max Verstappen as rolmodel, hoop CJ om die range te klim en net nog hoër hoogtes te bereik in die toekoms.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button