Local news

Wilgespruit hou Makiti!

NG Wilgespruit se jaarlikse Mimosa Makiti het vir groot pret gesorg.

Die NG-Kerk Wilgespruit het die afgelope naweek hul jaarlikse Mimosa Makiti gehou en groot aftrek vanuit die gemeenskap geniet.

Soos dit enige kerkbasaar van formaat betaam was daar geen tekort aan eetgoed en lekkernye nie, en besoekers kon kies en keur tussen dekadente tuisgebak en koffie of tee, heerlike boereworsrolle, biltong, samosas, en die ster van alle kerbasaars, die alomteenwoordige pannekoek.

Plaaslike kunstenaars op die NG Wilgespruit-verhoog.

Laasgenoemde was natuurlik weer die topverkoper.

Pannekoek-koning, Constand Olivier.

Vir die jongspan was daar ‘n magdom speletjies insluitend springkastele, verfbal-teikenskiet, gesigverf en vele meer beskikbaar.

Martiens en Nerina Smit.

Basaarbywoners kon na hartelus deur die wye verskeidenheid stalletjies soek vir winskope en unieke, meesal tuisgemaakte items, of hulself gemaklik maak en luister na plaaslike kunstennaars wat die vehoog betree en vir die vermaak gesorg het.

Die kombuisspan het gesorg vir ‘n oorvloed van koffie en tee.
Ruben, Marius, en ma Sonja Wessels.
Jaco de Villiers en Deline Malan.
Amelia Jordaan ondergaan ‘n transformasie aan die hand van gesigkunstenaar Alexandra Smith.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button