Local news

Pannekoek, boerewors en spitlam trek groot skares by Vlamfees

NG Constantiakruin se Vlamfees het groot aftrek vanuit die gemeenskap geniet.

NG Constantiakruin se jaarlikse Vlamfees het op 24 September plaasgevind en was groter as ooit.

Van vroegoggend was elke beskikbare parkeerplek in die strate rondom die kerk vol soos honderde feesgangers na die terrein gestroom het.

Wikus van der Merwe.

Soos altyd het die pannekoekstalletjie groot aftrek gekry, en die span moes bontstaan om bestellings uit te voer.

Die fees het ’n wye verskeidenheid plaaslik-vervaardigde produkte en lekkernye aangebied, meestal deur klein ondernemings uit die gemeenskap.

Waarlik getrou aan sy naam, was daar heelwat vure waarop boereworsrolle, burgers en natuurlik heel lam op die spit voorberei is.

Magda van Huysteen het haar hande by die boereworsrol-stalletjie volgehad.

Daar was ook geen tekort aan die tradisionele kermistreffers nie, soos kerrie en rys, vetkoek en tuisgebak.

Die jongklomp het hulle vermaak op die springkastele en by die speletjiestalletjies, terwyl ouers en grootouers winskopies gesoek en gesellig gekuier het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button