Local news
Nuwe Begin Gemeente hou Lentemark
NBG se jaarlikse Lentemark is ruim deur inwoners ondersteun.
Nuwe Begin Gemeente het hul jaarlikse kermis op Saterdag, 27 September by Hoƫrskool Die Burger se sportvelde gehou en groot aftrek vanuit die gemeenskap geniet.
Oudergewoonte was daar hope om te doen en sien, en natuurlik lekkernye in oormaat om aan te smul.

Die kerk het weereens met sorg seker gemaak dat die stalletjies iets vir almal bied.
Eienaars van skaars en eksotiese karre en motorfietse het van heinde en verre gekom om hul spogvoertuie by die motorskou uit te stal, en die skouspelagtige rofstoeikompetisie het groot skares gelok.

Van honger ly was daar geen sprake nie te danke aan die wye verskeidenheid kosstalletjies wat alles van boereworsrolle to kerrie en rys te koop aangebied het.
Inwoners het die mark ruim ondersteun.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



