Local news

Wilropark inwoner blaas 99 kersies uit

Tannie Louisa het onlangs haar 99ste verjaardag saam met vyf generasies familie gevier. Sy vertel hoe haar drome, hartseer en deursettingsvermoë haar uiteindelik na ’n vervulde lewe gelei het.

Tannie Louisa Labuschagne het Maandag, 24 November haar 99ste verjaardag gevier, terwyl haar familie die Sondag saamgekom het vir ’n spesiale partytjie.

Gebore op Lady Grey, het Louisa op ’n jong ouderdom saam met haar familie na Potchefstroom verhuis, waar sy haar skoolopleiding voltooi het.

“In daardie jare was daar maar weinig werk op die platteland beskikbaar,” sê sy. “Dus het ek op 19 sak en pak Johannesburg toe verhuis. My droom was om verpleegkunde te studeer.”

Haar ouers was glad nie gelukkig met die skuif nie en het Johannesburg destyds as Sodom en Gomorra beskryf.

“My pa het uiteindelik toegegee aangesien daar nie regtig enige ander opsies was nie. In Johannesburg aangekom het ek ’n werk in ’n klerefabriek gekry en ’n blyplek onderhou.”

Sy onthou hoe sy eendag deur ’n vriendin aan ’n man voorgestel is.

“Hy wou met alle mag my beter leer ken, maar ek wou eers niks weet nie. Hy het uitgehou en aanhou probeer, en ons is uiteindelik getroud.”

Die paartjie is met ’n dogter geseën, maar minder as drie jaar ná hul troue is Louisa se man skielik oorlede.

“Dit was ’n massiewe skok,” sê sy. “Ek was alleen met ’n klein kind. Ek moes noodgedwonge my kind na my ouers stuur en het elke tweede naweek vir haar gaan kuier.”

Louisa het haar droom om verpleegkunde te studeer uiteindelik verwesenlik en later haar tweede man ontmoet, saam met wie sy twee seuns, Jan en Johan, gehad het. Hy is in 1988 oorlede.

“Vandag woon ek in Wilropark in ’n woonstel op my seun se erf en ek is baie gelukkig,” sê sy. “Ek doen steeds alles vir myself, alhoewel die gelopery nie altyd meer so maklik gaan nie.”

Om haar dae te vul, hou Louisa haar besig met haar gunsteling stokperdjie: legkaarte bou.

“Sy en my broer is albei lief daarvoor,” sê Louisa se dogter, Marie Grobler.

“Haar verjaardagpartytjie was ’n groot geleentheid vir die familie. Dit was baie spesiaal om al vyf generasies onder een dak te hê ter viering van my ma se spesiale dag.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button