Local news

Verdwaalde koeël bederf Nuwejaar vir Witpoortjie-egpaar

Witpoortjie-egpaar Andries en Hilda Maartins het met skok besef dat 'n koeël deur hul studeerkamervenster gevuur is.

Andries en Hilda Maartins se hoop op ’n rustige Oujaarsaand by hul huis in Jan van Rooyenstraat is verydel deur die aanhoudende gedreun van vuurwerke wat hul buurt, soos baie ander in die Roodepoort-omgewing, geruk het.

“Dit het geklink asof ons in ’n oorlogsone was,” sê Andries, wat byvoeg dat hul twee honde, Scruffy en Woesie, erg deur die geraas getraumatiseer is. Volgens hom het hy die grootste deel van die nag na die ontstelde honde omgesien.

“Ons honde is baie sensitief vir dié tipe geraas en ek het besluit om seker te maak dat hulle veilig is.”

Die volgende oggend het die Maartins-egpaar egter ’n veel meer onrusbarende ontdekking gemaak.

Die koeël het skade aan hul blinders veroorsaak.

“Toe ons op Nuwejaarsoggend in die studeerkamer instap, besef ons dadelik iets is nie pluis nie,” sê Andries. “Ons het die vensters toegemaak om die geraas buite te hou. Daarom het die beweging van die blinders, soos dit deur die wind gewaai het, my aandag dadelik getrek.

“By nadere ondersoek ontdek ek ’n gat in die venster, skade aan een van die blinders, sowel as ’n koeëlpunt wat in die vensterbank lê.”

Andries het die polisie se noodnommer gebel om die voorval aan te meld, maar niemand het opgedaag nie.

“Hulle sou iemand stuur om die koeëlpunt te kom haal, maar ons het nie weer van hulle gehoor nie. Ek het intussen ons plaaslike polisiesektorbestuurder se besonderhede bekom en die saak by Roodepoort-polisie aangemeld.

“Dis net ’n geluk dat niemand in die studeerkamer was toe die koeël getref het nie,” voeg Hilda by.

Roodepoort-polisie se luitenant-kolonel Sonja Engelbrecht het bevestig dat die saak by die Roodepoort-polisie hangende is.

“Wanneer sulke sake aangemeld word, identifiseer die polisie met behulp van ballistiese toetse die geregistreerde eienaar van die vuurwapen.

“Die eienaar van die vuurwapen sal dan van die onwettige afvuur van ’n vuurwapen in ’n munisipale gebied, die nalatige hantering van ’n vuurwapen, en saakbeskadiging aangekla word.

“Indien iemand raakgeskiet of doodgeskiet is, kom ’n klag van poging tot moord of moord by.

“Die vuurwapen word dadelik gekonfiskeer en ’n Seksie 102-ondersoek word geloods om die geskiktheid van die persoon om ’n vuurwapen te besit, te bepaal.

“Indien die persoon ongeskik bevind word, kan hy of sy kies om die wapen wettig te verkoop, of dit aan die polisie oor te gee.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button