Local news

Pret-plakkiedag by Ons Plek Horison skop 2026 akademiese jaar af

Ons Plek Horison skop die nuwe akademiese jaar op positiewe voet af.

Ons Plek Horison het op Vrydag, 16 Januarie, die aanvang van die 2026 akademiese jaar met ’n prettige plakkiedag vir hul leerders gevier.

Volgens juffrou Ivana Meyer poog Ons Plek Horison om op die eerste Vrydag van elke maand ’n lekker aktiwiteitsdag aan te bied, telkens met ’n ander tema vir die kinders.

“Kinders kon met hul mooiste of kreatiefste plakkies by hul maats kom spog,” het sy gesê. “Skool hoef darem nie net altyd harde werk te wees nie; ’n bietjie pret het ook sy plek.”

Ons Plek Horison word deur Solidariteit Helpende Hand as ’n opvoedkundige gemeenskapsprojek bedryf, met die fokus op kwaliteit Afrikaanse onderrig en die versorging van kinders uit alle ekonomiese agtergronde, ten einde hulle in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik.

Hierdie sentrum is een van agt Ons Plek naskool- en opvoedkundigesentrums regoor Suid-Afrika.

“Ons wens die gemeenskap ’n voorspoedige 2026 toe en sien uit daarna om elke eerste Vrydag van die maand ’n spoggerige aantrekdag te vier,” sê die span.

Vir meer inligting oor Ons Plek Horison, kontak asseblief die sentrumbestuurder, Leatitia Boerssen, by 082 823 1044, of Ivana by 073 606 5671.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button