Schools

Blou bloed en groen vingers

Die Havies laat elke jaar 'n stukkie van hulself in die skool se tuine. Vanjaar was geen uitsondering nie toe leerders die groeiseisoen verwelkom het.

Alhoewel Lentedag met sonskyn geassosieer word, is dit nie altyd wat dié dag vir ons inhou nie. By Laerskool Dr Havinga was die weer egter die minste van die leerders se bekommernisse toe hulle die nuwe seisoen met groot opgewondenheid en ‘n spesiale tradisie welkom geheet het.

Havies verwelkom die nuwe seisoen op ‘n gepaste wyse.

Op Donderdag, 1 September het die koel windjie geen demper op die leerders se geesdrif geplaas nie. Fraai getooi met blommetjies in die hare en dalk ‘n dassie om die nek het die Havies in ‘n vrolike luim by die skool opgedaag.

Havies verwelkom die nuwe seisoen op ‘n gepaste wyse.

By dié skool is dit tradisie vir elke leerder om die skoolgange nuwe lewe te gee deur ‘n plantjie of blommetjie saam skool toe te neem, en dit te plant. Vanjaar was geen uitsondering nie toe byna elke Havie-tuintjie ‘n nuwe, helderkleurige voorkoms gekry het.

Havies verwelkom die nuwe seisoen op ‘n gepaste wyse.

Dit is nou elke leerder se verantwoordelikheid om na hul plant om te sien, en gereeld water te gee. Die Havies is saam met hul plantjies gereed vir die nuwe seisoen van sonskyn en groei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button