Schools

Havies sê wat hulle sal doen as hulle die president van Suid-Afrika is

Die Roodepoort Record het by Laerskool Dr Havinga gaan inloer om te hoor wat hulle sou doen as hulle die president was.

Die nasionale en provinsiale verkeising is vinnig op pad, en die Roodepoort Record wou by Laerskool Dr Havinga se graad R’e en graad 1’s weet wat hulle sou doen as hulle die president van Suid-Afrika was.

Hier is wat hulle te sê gehad het:

• Anerieke van Heerden: “As ek president was, sou ek dat almal gewerk het en alles reg gepak het.”

Sihle Pule.

• Sihle Pule: “As ek president was sou ek beurtkrag gestop het.”

Jonathan Nesbitt.

• Jonathan Nesbitt: “Ek sal vir die land se mense sê om altyd lief te wees vir Liewe Jesus en ons moet omgee vir mekaar.”

Lesidi Mongale.

• Lesidi Mongale: “Ek sal vir die land se mense sê wat om te doen, soos om nie mekaar te vloek nie. Ons moet mooi wees met mekaar.”

Langa Gwebu.

• Langa Gwebu: “As ek president word sal ek al die karre verniet maak!”

Aylin de Meyer.

• Aylin de Meyer: “As ek die president van die land is, sal ek skool stop, want dis baie lekkerder om by die huis te bly saam my mamma, pappa en boetie.”

Related Articles

 
Back to top button