Laerskool Roodekrans se junior- en seniorkore het hul engelstemme tydens die Interskole Koorkompetisie laat geld.
Tydens die kompetisie, gehou by Laerskool Garsfontein, het Roodies met strawwe kompetisie afgereken.
“Albei kore het goud verwerf en in die top drie geëindig,” sê skakelbeampte Liandri le Roux.
Die deelnemende laerskole was Roodekrans, Garsfontein, Impala, Wonderboom, Generaal Hendrik Schoeman en Rooihuiskraal.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



