Schools

Roodies netbalsterre skyn helder

Roodies sluit hul netbalseisoen op hoë noot af.

Laerskool Roodekrans se netbalspanne het hul 2025 netbalseisoen op ‘n hoogtepunt, met hul deelname aan die JOMO-Liga, afgesluit.

Volgens die skool se skakelbeampte, Liandri le Roux, het Roodies tydens die verloop van die liga teen laerskool Fairland, Krugersdorp-Noord, Helderkruin, Fontainebleau, Kenmare, Bryanston Parallel Medium School en Trinityhouse Randpark Ridge te staan gekom.

“Ons kan met trots sê dat die meeste van ons spanne in die top drie geeïndig het,” sê sy.

“Twee van ons spanne, o.11A en o.11B, het boonop hul onderskeie ligas gewen.

“Boonop het ons o.12A-span vir die JOMO-uitspele gekwalifiseer, en die o.13A’s het vir die Gauteng Kampioenskappe, wat later in Junie plaasvind by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg, gekwalifiseer.

Roodies se o.11B-netbalspan het as ligawenners uit die stryd getree.

“Beide ons o.10 spanne asook ons o.12B-span het derde in die liga geëindig, en ons o.13B-span het in vyfde plek klaargemaak.”

Volgens Liandri, is ‘n groot porsie van die Roodies se netbalsukses te danke aan die nimmereindigende passie, ondersteuning, en leiding van die skool se netbalorganiseerder, Antoinette Rosseau.

“Haar sterk leiding en vertroue in ons afrigters en spelers het beslis ‘n groot rol in die sukses van ons seisoen gespeel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button