Schools
Veldvriende geniet die bos
Havies-Veldvriende het 'n paar wonderlike dae in die bos deurgebring.
Die Havie-Veldvriende het tussen 24 en 26 Oktober ‘n groot avontuur onderneem en by die Hartbeeshoek Natuurreservaat die bos van nader leer ken.
Volgens die skool se skakelbeampte, Lizelle Kies, is daar baie gespeel en gelag, maar ook baie geleer.
“Die leerders het hulle gate uit geniet en sommer lekker vuil geword ook,” sê sy.
“Dit was definitief ‘n geleentheid wat hulle nie sommer sal vergeet nie.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



