Schools

Florrie-onnie bereik top 3 in Solidariteit-kompetisie

Hoërskool Florida spog met 'n onderwyser onder die top 10 in Solidariteit Onderwyser van die Jaar-kompetisie.

Hoërskool Florida se onderwyseres, Louise Badenhorst, het ‘n besondere mylpaal bereik toe sy vir die Solidariteit Onderwyser van die Jaar-kompetisie genomineer is.

Uit sowat 12 000 genomineerdes het Louise, ‘n onderwyseres met 30 jaar ondervinding, deurgedring tot die top 10. Die afgelope week is bevestig dat sy die derde plek behaal het. Louise, oorspronklik van Kakamas in die Noord-Kaap, is ‘n voormalige Springbok-atleet in gewigstoot en hamergooi, en glo dat deursettingsvermoë en dissipline ‘n mens baie ver kan bring.

“Onderwys is nie net ‘n beroep nie, dit is ‘n roeping,” sê sy. “Ek is in die onderwys omdat ek glo dat elke kind ‘n vonk in hom of haar dra, iets wat wag om ontbrand te word.”

• Lees ook: Kyk: Hories-juffrou vat die koek!

Volgens Anlia Archer, bedryfspesialis en netwerkorganiseerder by Solidariteit, is dit ’n uitsonderlike prestasie.

“Ongeveer 270 000 mense het aan hierdie proses deelgeneem en dit bevestig wat ons nog altyd weet: Onderwysers is die hartklop van ons gemeenskap! Onderwysers soos Louise maak ’n groot verskil. Die punteverskille tussen wenners en finaliste was minimaal, en elke onderwyser in die top 10 is van ‘n unieke kaliber.”

Leerder Danika de Wet het in haar huldeblyk gesê: “Om as een van die top onderwysers in die land aangewys te word, is geen geringe prestasie nie; maar vir ons wat vir Juffrou ken, is dit glad nie ‘n verrassing nie. Juffrou het nog altyd ‘n passie wat veel verder strek as die klaskamer – ‘n vuur vir leer, vir groei, en vir elke kind wat deur Juffrou se hande gaan. Juffrou het my geleer dat wiskunde nie slegs oor somme gaan nie, maar ook oor deursettingsvermoë, om in jouself te glo, en om nooit moed op te gee nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button