Laerskool Helderkruin het op Dinsdag, 13 Januarie, die 2026-skooljaar in styl begin met die verwelkoming van hul nuwe graad een-groep.
Kruiner Koedoe poseer saam met Mienke van der Merwe en haar pa Janus.
Die jong Kruiners het vroegoggend saam met hul ouers ’n oriëntasiesessie in die skoolsaal bygewoon, waartydens die fynere besonderhede van Kruiner-wees in detail bespreek is. Daarna het die leerders hul onderwysers én die skool se pas aangewese gelukbringers, Kruiner Koedoe en Klein Koedoe, ontmoet. Na ’n prettige fotosessie het die kinders hulle van hul ouers afskeid geneem en is vervolgens na hul klasse begelei.
Laerskool Helderkruin hoof Jacques Breedt verwelkom Mienkie van der Merwe.
“Die dag het sonder enige haakplekke en met minimale trane verloop,” sê die skool se skakelbeampte, Christell Herselman.
“Ons nuwe graad een-leerders het die skooldag met durf en vasberadenheid aangepak. Ons kon nie vir ’n beter begin vra nie.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years.
He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community.
"