Schools

Op die Kruin – Interhuis 2026 ‘n groot sukses

Groot opgewondenheid het tydens Kruiners se jaarlikse interhuis-byeenkoms geseëvier.

Laerskool Helderkruin se sportveld het op Vrydag, 16 Januarie, letterlik geborrel van energie toe die skool sy jaarlikse interhuis atletiekbyeenkoms (Op die Kruin – Interhuis 2026) aangebied het.

Van die vroeë oggendure af was dit duidelik dat hierdie nie net ’n atletiekbyeenkoms sou wees nie, maar ’n ware viering van Kruiner-trots, spanwerk en gemeenskap. Die vier huise se Koedoes het die veld laat leef in hul trotse kleure, met atlete wat alles gegee het – van vinnige naellope tot indrukwekkende gooie en spronge.

Die dag is deur uitstekende sportmanskap, deursettingsvermoë en entoesiasme gekenmerk. Leerders het mekaar aangemoedig, ouers het die pawiljoene gevul en onderwysers het hul ondersteuning met groot gees getoon.

Een van die hoogtepunte van die dag was beslis die onderwysers se wedloop, wat groot vermaak verskaf het. Juffrou Leandri Quinn en Mnr Jason van Wyngaardt is as die dag se ‘spoedvarke’ die wenstreep eerste bereik het.

Die Wit Koedoes het koning op die veld sowel as in die paviljoene gekraai.

Aan die einde van ’n opwindende dag is die Wit Koedoes as die algehele wenners gekroon – nie net van die atletiek nie, maar ook van die geesbeker, ’n bewys van hul eenheid, entoesiasme en volgehoue ondersteuning van hul spanmaats.

Spesiale erkenning word gegee aan Jonmenae Hendrikse, wat as Victrix Lodorum (Beste Senior Dogtersatleet) aangewys is, en Aiden Lamont, wat die titel van Victor Lodorum (Beste Senior Seunsatleet) ontvang het. Albei atlete het met hul prestasies en toewyding werklik uitgeblink.

“Op die Kruin – Interhuis 2026 het weereens bevestig waarvoor Laerskool Helderkruin staan: ’n skool waar talent ontwikkel word, karakter gevorm word en waar gemeenskap saambou aan iets groter,” sê die skool se skakelbeampte Christelle Hesselman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button