Schools

Havies laat die rekords spat

Havies was vasberade om jag te maak op rekordtye tydens hul atletiekbyeenkoms in Horison.

Laerskool Dr Havinga se atlete het op Vrydag, 23 Januarie tydens hul atletiekbyeenkoms teen Laerskool Horison jag gemaak op die rekordboeke.

“Ons atlete het in ware Havie tradisie alles uitgehaal en uitstekende resultate behaal,” sê Havies skakelbeampte Lizelle Kies.

Ricardo Louwings het in die seuns o13 kategorie die 1 500m stapitem gemaklik in rekordtyd gewen.

Chinedu Chukwuemeka het is beide die 60m en 80m naellope in die o9- katergorie uitgeblink en sommer ook nuwe rekords in beide items opgestel.

Clayton Brits het nie op hom laat wag nie en die staande rekord in die o10 seuns 80m neallope laat spat.

Thato Pitt het in beide die 80m en die 100m naellope-item vir o11 seuns rekords van sy eie opgestel.

Die Havies se meisies het hulle nie deur die uitstekende uitslae van die seuns laat onder kry nie en spog ook met verskeie nuwe rekords.

Kamogelo Lethuba het in die o8 dogterskategorie rekords laat spat in beide die 60m en 80m naellope.

Juané Havinga het in rekord tyd met die 150m hekkies vir o12 dogters afgereken.

Maar dit was net die begin.

Jordan-Lee Africa het in die 75m hekkies-item vir o13 dogters ook ‘n rekord aangeteken.

Kayleigh Page het uitegblink met haar rekordvertoning in die dogters o11 verspring, en ook rekords laat spat in die 80m en 100m naellope.

Li-Anke Els het in die o10-kategorie rekord opgestel in beide die 80m en 100m items, en Anika Tsimenzi het die 1 200m vir dogters o11 in rekordtyd kafgedraf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button