LettersOpinion

Wanneer die gewete pla

Willie van der Berg praat oor gewete, waardes en norms.

‘n Groepie kinders wat in ‘n park speel wag hulle beurt af om op ‘n swaai te ry. Dan druk een van die kinders voor in en ignoreer dié wat wag. Die ander kinders skreeu “dis nie regverdig nie”! Waarom is hulle ontsteld oor die onregverdigheid?

Dit is omdat hulle ‘n innerlike sedeliksgevoel en ‘n sin vir regverdigheid het.

Dr Francis Collins, ‘n genetikus wat aan die hoof gestaan het van die Amerikaanse regering se poging om die menslke genoom (DNS) te ontsyfer het geskryf dat “daar blykbaar’n universele begrip van reg en verkeerd onder alle lede van die menseras” is.

Hy het ook na die stem van die gewete – daardie innerlike vermoë om na jou dade te kyk en dit te beoordeel – verwys.

Dr Collins se verwysing na die gewete laat mens dink aan die woorde van die apostel Paulus wat in ‘n brief aan die Romeine in hoofstuk twee geskryf is. Volgens die nuwe vertaling van die Afrikaanse Bybel lui dit soos volg: “Wanneer heidene wat nie die wet het nie, tog vanself dinge doen wat die wet vereis, is hulle vir hulleself ‘n wet al het hulle nie die wet nie”. Die optrede van sulke mense bewys dat die eise van die wet in hulle harte geskrywe staan.

“Ook hulle gewetens getuig daarvan wanneer hulle in ‘n innerlike tweestryd deur hulle gedagtes aangekla of vrygespreek word.”

Paulus het geskryf: “Wanneer mense van die nasies, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen.”

Hy het nie gesê “as mense ooit” asof dit iets is wat selde gebeur nie.

Hy het gesê “wanneer” wat aandui dat dit iets is wat dikwels gebeur.

Dit verklaar waarom Indiane, Australiese Aborigenes en sekere etniese groepe wat oor die algemeen nie met die Bybel vertroud is nie moord, verraad, onderdrukking, leuens, diefstal, aborsie en bloedskande verbied. Hulle het ‘n gewete.

As heidene wat nie die wet het nie (‘n wet het wat in hulle harte geskrywe staan en wat gruweldade veroordeel) waarom is daar in ons sogenaamde beskaafde gemeenskap so baie gewetenlose mense wat gruwelike en wrede moorde pleeg?

Daar is baie persone wat nog antwoorde op sekere vrae oor die gewete wil hê. In sy boek, The Uncovered Self het Dr Carl Jung gesê: “Die persoon wat nie in God geanker is nie, kan in sy eie krag geen weerstand bied teen fisiese en sedelike verlokkings van die wêreld nie”.

Antwoorde op vrae en wat op die gewete betrekking het word op 27 Julie vanaf 9.40vm in die oggend tot 4nm in die Midrandse Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies verstrek.

Die adres is: Strelitzialaan 50, Country View, Midrand.

Vir meer inligting oor Jehovah se Getuies besoek asb jw.org. Vir navrae, kontak gerus Willie op 073 942 2003 of per e-pos by willievndrbrg@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button