LettersOpinion

Busse en trokke spoedvarke

Ek as ‘n inwoner van Witpoortjie in Haynsstraat wil dit graag onder die aandag van die koerant bring oor die spoedvarke in my straat. Daagliks sien ek hoe busse en trokke by die straat of jaag, oppad om brandstof in te gaan sit of om by die busstop te stop. Hul ry ook in die …

Ek as ‘n inwoner van Witpoortjie in Haynsstraat wil dit graag onder die aandag van die koerant bring oor die spoedvarke in my straat.

Daagliks sien ek hoe busse en trokke by die straat of jaag, oppad om brandstof in te gaan sit of om by die busstop te stop. Hul ry ook in die middel van die pad om die grootbome se takke te vermy en maak dit onmoontlik vir ander motoriste om by die pad af te ry.

Wanneer jy by jou hek uitry, moet jy dubbel en dwars kyk, want hul kom met sulke spoed om die hoek geswaai en wyer om te stop. Ek vrees vir die kinders van ons area se lewens, want soos jul weet is daar baie wat huis toe loop na skool en op hulle fietse ry. Hulle is werklik padvarke met geen agting vir die ander motoriste. Bekommerde huisvrou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button