LettersOpinion

As julle ouers moet weet wat julle doen

Inwoner van Roodekrans skryf:

Ek wil graag iets sê vir die jong manne in ‘n wit BMW wat op ‘n Sondag helder oordag in Roodekrans komplekshekke van hulle spore afhaal, hul voertuig onder ons afdak intrek, ons staalhek oopforseer, asook ons houtdeur oopbreek:

Ons as bejaarde mense het ‘n leeftyd gewerk om dit wat ons het, te kan besit en te geniet. Vir julle om in te kom, mense se persoonlike besittings deurmekaar te gooi (en die res te vat), is verkeerd en onaanvaarbaar! (As julle ouers moet weet wat julle vandag vir ‘n lewe doen, sal hulle harte gebreek wees.)

A nee a, mag julle geen genot put uit dit wat julle uit ons brandkluis geneem het – of my juwele wat soveel mooi herinneringe het nie! Shame on you!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button