School sportSport

Florida-skut ewenaar 3P Presisieklasrekord by kampioenskappe

Met haar uitstekende skote het sy die junior en senior rekord vir die 3P-Presisieklas met 'n totaal van 596 uit 600 geëwenaar.

Hoërskool Florida-skut, Nadine Nel het weereens haar talent en tegniek by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Luggeweer Federasie (SAARA) Noordwes Kampioenskappe op 28 en 29 Februarie ten toon gestel.

Tydens die kampioenskappe het sy ‘n gouemedalje in die 3P Presisieklas- en ‘n silwermedalje in die 10M Olimpiese o.20-vrouekategorie gewen.

Die luggeweeritem, die 10M-staan, word die 10M Olimpiese afdeling genoem omdat die International Shooting Sport Federation dit in hul reëls so definieer.

Die Presisieklas is die top klas wat tydens die Olimpiese Spele aangebied word. Tydens die 3P-item word 20 skote elke uit drie posisies geskiet – lê, staan en kniel.

In die proses het sy drie volkaarte geskiet, en met haar uitstekende skote het sy die junior en senior rekord vir die 3P Presisieklas met ‘n totaal van 596 uit 600 geëwenaar, wat in 2009 deur skut Tessa Cloete opgestel is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button