Local sportSport

24Seven Gymnastics bou ‘n nuwe saal

Wêreldkampioenskappe is die vooruitsig vir 24Seven Gymnastics.

In November 2022 het drie lede van die 24Seven Gymnastics-span na Bulgarye gegaan om aan die World Age Group Championships deel te neem.

Hierdie jaar neem die klub weer deel aan die wêreldkampioenskappe in Birmingham.

Lees ook: Crawfordian excels at gymnastics competition

Die span wat World Age Group Championships toe gegaan het in Sofia Bulgarye in November 2022.
Rico Immelman (26ste plek), afrigter Siphiwe Mosoang, afrigter Luitha Roux en Jean-Pierre Roux (10de plek). Foto: Chanté Bolton.

Deel van die vereistes van die kampioenskappe is vir deelnemers om aan ‘high performance trampoline’ deel te neem, wat egter nie tans moontlik is in die saal waar hulle oefen nie, aangesien die dak nie hoog genoeg is nie. Die ander opsie is om by die Universiteit van Pretoria te gaan oefen waar mens nie elke dag kan kom oefen nie. Om daardie rede het Luitha Roux, stigter en afrigter van 24Seven Gymnastics besluit dit is nodig om ‘n nuwe saal te bou.

Lees ook: 24Seven Gymnastics aiming for more medals at upcoming SA Gym Games

Die 24Seven Gymnastics-span in die nuwe saal. Foto: Chanté Bolton.

Tans is die saal 90% voltooi, maar hulle het hulp nodig om die dak te voltooi, aangesien die fondse vir die nuwe saal van die Roux-familie afkomstig is. Wanneer die saal voltooi is sal hulle elke dag daar kan oefen.

Die gimnaste wat senior Gauteng klere verwerf het in 2022, Ulrich du Plessis, Caela Truter, Matthew Marais, Keegan Victor en Alexander Steyn. Foto: Chanté Bolton.

Verder probeer hulle om fondse in te samel vir hulle afrigter Siphiwe Mosoang om hulle hierdie jaar te vergesel na die kampioenskappe.

Luitha kan gekontak word op 072 011 1011.

Related Articles

 
Back to top button