SUID-NATAL Primêr se gr 1 leerlinge geniet tot dusver ’n heerlike lente en om fiks te bly, het die skool ’n gesinstap (lentestap) gehou. ’n Heerlike vrugeslaai was gemaak om onder die bome te eet en almal is nou besig met Kersfeeskuns, net om die skool in die regte luim te kry.

Die gr Re het hul jaarlikse pret swemgala gehou. Almal het dit vreeslik geniet en elke swemmer het ’n medalje ontvang.

Die O10 en O11 krieketspanne het verskeie wedstryde gespeel, waarvan twee gewen en twee verloor is. Goeie sportmangees is ten alle tye geopenbaar. Die eerste krieketspan het ten spyte van ligte reën die wedstryd teen Izotsha voltooi. Met ’n teiken van 111, het die spelers goed begin en na die agtiende beurt diè telling verbygesteek.
