NewsSchools

Suid-Natal Primêr verower trofee

Almal het goed gevaar, maar skole wag nog in spanning vir die amptelike uitslae.

SUID-NATAL Primêr wil graag die SA Polisie Departement hartlik bedank vir die insiggewende praatjie oor boelies en die gevolge daarvan. Luitenant-kolonel Zandra Wiid en Adjudant van Blommenstein het waardevolle inligting aan die gr 4 tot 7 leerlinge oorgedra. Gr 1 leerlinge lees nou pragtig en sien baie uit na hierdie periodes. Baie dankie aan ouers wat pligsgetrou met leerwerk help.

Die nagreeks in Durban het verlede Vrydagaand ten einde geloop en ‘n spannende rugbywedstryd teen Kuswag was deur Suidies in ekstra tyd gewen. Baie dankie aan al ondersteuners wat SNP se hokkie, netbal en rugby gedurende die afgelope weke getrou ondersteun het.

SNP se O9 tot O13 swemmers het aan die laer Suidkus gala by Southcity deelgeneem en almal het goed gevaar, maar skole wag nog in spanning vir die amptelike uitslae. Die skool is ook baie trots op die swemspan wat die trofee tydens die Afrikaanse Skole Gala, ook in Durban, verower het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button