HOËRSKOOL Suid-Natal se 2014 ‘Gatsby’ prag en praal aand was ‘n reuse sukses en die meisies het asemrowend gelyk. Die pragtige wenners was Carla du Plessis, Mej Persoonlikheid gr 11( Vongo Brick & Block); Mariska Schoeman, Mej Persoonlikheid gr 12 (De’o Volen’te Eiendomme); Chantelle Makkink, Mej Fotogenies (Dr Wiele van Rensburg); Annika Kotzé, tweede prinses (Envisions Photography); Chantelle Makkink, eerste prinses (Dr Wiele van Rensburg); en Amanda Smit is die nuwe Mej Suid-Natal (Margate Butchery) gekroon. Baie dankie aan die South Coast Herald vir die plasing van fotos, asook almal wat bygedra het.
Suidies vs Durban Akademie hokkie – ‘Hokkie bokkies’ eerstes wen 17-0 met goeie spanwerk en uitstekende spel. Netbal – Suidies tweede span wen teen Durban Akademie se eerste span 13-8. Die spelers het pragtig gespeel, al het hulle nog min saam geoefen. Rugby uitslae – O14 82-0; O15 20-0; tweede 36-0 en eerste 0-36.
Komende gebeure: Maart 20: Netbal distrik-proewe O14 – O19; Maart 20 tot 22: Landsdiensareakamp.
