NewsSchools

SNP dogters dring deur na proewe

Met die hoë gehalte berigte is daar versekering van gehalte joernaliste in die toekoms

SUID-NATAL Primêr is baie trots op die netbal dogters wat deurgedring het na die KZN proewe wat gedurende Mei in Durban plaasvind. Die eerste netbal- en rugbyspanne sal gedurende die vakansie by die Margate sportskool aan wedstryde teen toerspanne deelneem en word alle voorspoed toegewens.

Leerlinge in die SPO klas het hul talente ingespan om berigte vir hul gunsteling koerant te skryf. Baie interessante berigte het die lig gesien en daar is versekering van gehalte joernaliste vir die toekoms.

Agt en twintig leerlinge en twee personeel het die afgelope naweek by Hoërskool Suid-Natal ‘n landsdienskamp bygewoon. Daar was handwerk gedoen, konsert gehou en op die strand is skoon gemaak en sandkastele gebou. Baie geluk aan Ankia Stander en Lourens Vrey wat as junior kampleiers aangewys is. Almal word ‘n aangename vakansie toegewens.

Suidie landsdieners (van links) Tiaan du Plessis, Janco van Heerden, Xandru Koekemoer en Elmar Rosseau is baie besig met handwerk.
Suidie landsdieners (van links) Tiaan du Plessis, Janco van Heerden, Xandru Koekemoer en Elmar Rosseau is baie besig met handwerk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button