NewsSchools

Suidies landloop vaar goed

Harde oefening lê vir die landloop atlete voor hierdie kwartaal.

HOËRSKOOL Suid-Natal se landloopspan het verlede Saterdag aan die KZN Liga Landloop kompetisie te West Ridge Park in Durban deelgeneem. Die volgende ligadatum is verander vanaf 26 April na 3 Mei toe en sal by die Queensburgh BMX baan plaasvind. Inligting kan by juffrou Madelein Ferreira verkry word.

Die eerstespan en ‘n paar van die netbaldogters het gedurende die vakansie aan ‘n netbalkliniek by Gamalakhe deelgeneem. Die eerste netbalspan het sewe uit agt wedstryde tydens die toernooi gewen en sien uit na ‘n wonderlike seisoen. HSN is baie trots op Odette Kitt wat as ‘n talentvolle speelster tydens die toernooi aangewys is.

Josh du Plessis het die vakansie die O18 KZN aksienetbal gemengdespan in Johannesburg verteenwoordig, waar hulle derde geëindig het as brons-medalje wenners.

Komende gebeure: April 11 – NG Kerk gemeentekonsert en landsdiensaktiwiteit; April 12 – Rugby vs Gelofte; April 14 – SA Taalbondeksamen en oueraand 3 tot 5nm; April 15 – Oueraand 4.30 tot 6nm; April 16 – Bloedskenk en landsdiensaktiwiteit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button