AAN die einde van verlede kwartaal, het Suidie-swemmers aan die gala by Creston deelgeneem en hulle goed van hul taak gekwyt – agt rekords het gespat, mooi so. Baie dankie aan al die swemmers wat so hard geoefen het en altyd hul beste doen. Dankie ook aan al die ouers vir hul positiewe gesindheid en ondersteuning. Suid-Natal Primêr se swemafrigter, Taryn Adamson, het verhuis en die skool wens haar alle voorspoed toe, alhoewel almal haar baie sal mis.
Gedurende die vakansie het SNP se eerste netbal- en rugbyspanne by die Margate Sportskool aan toernooie deelgeneem teen verskeie toerspanne en geweldig baie ondervinding opgedoen. Die netbaldogters het ook ‘n kliniek bygewoon, waartydens Antoinette Harmse ‘n sertifikaat vir ‘mees belowendste speler’ ontvang het. Leerlinge is ‘n baie voorspoedige tweede kwartaal toegewens.
