NewsSchools

Suidkus Akademie se uitstappie was pure pret

Vir sommige leerlinge was die versigtige aanraking met die wysvinger genoeg.

SUIDKUS Akademie se graad 1, 2 en 3 leerlinge het die eerste kwartaal afgesluit met ‘n uitstappie na Pure Venom en het hulle verkyk aan die pragtige gekleurde patrone van sommige slange. Met krokodille en ander reptiele veilig in hokke, kon die leerlinge hulle ook behoorlik besigtig.

Om ‘n slang te kon vashou was vir sommige baie avontuurlik, maar vir ander was die versigtige aanraking met die wysvinger genoeg. Die plaasdiere het die kinders baie plesier besorg en nadat daar gesmul is aan heerlike eetgoed, het die leerlinge lekker in die speelparkie baljaar.

Nou begin almal ywerig oefen vir die wintersportdag in Junie. Die junior dogters is goed op dreef met hulle pom-pom passies, en die junior seuns ken al ‘n paar skrikwekkende ‘Haka-bewegings’.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button