HOËRSKOOL Suid-Natal is baie trots op ses hokkiedogters wat onlangs vir die distriktespanne gekies is en hulle sal ook in Mei-maand aan die Natal proewe deelneem. Uitslae: O18, Marozaan Pretorius en Joalize Saayman; O16 Kofi-Anan Mkumla; O14 Kayla Massyn, Marizaan Wagenaar en Cherie de Beer.
Die skool se jaarlikse interne redenaarskompetisie het plaasgevind en leerlinge word gelukgewens met hulle welverdiende plekke. Juniors: 1 Yúlan Stander, 2 Cindy-Mari Buitendach, 3 Cerese Botha. Seniors: 1 Carla du Plessis, 2 Charné Pretorius, 3 Kofi-Anan Mkumla.
Rugby: Suidies het vroeg Saterdagoggend na Gelofte vertrek en ‘n spanningsvolle rugby oggend deurgemaak. O14 en O15 gekombineerdespan het gelykop gespeel 5-5, tweedes verloor 12-34 en eerstes verloor 10-32.
Tweekamp: Verae Kritzinger neem aan die SA Tweekamp-kampioenskappe deel waar sy baie goed gevaar het. In haar ouderdomsgroep, het 90 atlete deelgeneem en sy behaal ‘n negende en sewende plek.
Gholf: Suidies speel teen Kuswag op Amanzimtoti se gholfbaan waar hulle baie goed gevaar het. Eerste span wen 3-1 en tweede span wen 4-0.
Komende gebeure: April 18 tot 21, vakansiedae; April 19, Gholfdag, Kenako skoletoernooi.
