SUIDIES se wintersport het op ‘n hoë noot afgeskop en van die skool se netbal, hokkie en rugbyspannetjies het tuis gespeel en ander het na Gelofte gereis vir ‘n mini-rugby toernooi. Tuis het sportmangees hooggety gevier en meeste van die wedstryde is gewen. By Gelofte het SNP se O9 spannetjie sewe wedstryde gespeel en met elk het hul spel verbeter.
Met die plaatfinaal wen Suid-Natal Primêr toe die trofee – baie geluk aan al die seuns. Baie dankie aan al die ouers wat al die sport, tuis en weg, so wonderlik ondersteun.
Kwartaal twee se monitoropleiding het gekonsentreer op leierskapontwikkeling op individuele, sowel as groepvlak. Leierskapstyle is bespreek en baie groepsaktiwiteite is op prettige wyse beoefen. Dankie vir al die diensbeurte wat julle leerlinge nog gaan verrig.
