NewsSchools

Hibiskusfees is ‘n treffer vir SNP

Die potjiekoskompetisie is weer deur Thompson Nissan se bobaasspan gewen.

SUID-Natal Primêr het weereens ‘n baie suksesvolle Hibiskusfees aangebied en sonder die wonderlike ondersteuning van al die borge, sou dit beslis nie moontlik gewees het nie.

Die verrigtinge het Vrydagaand afgeskop met die talentfees, waar baie nuwe talent na vore gekom het, asook die optrede van ‘Elvis’ en Tersius. Baie geluk aan Elvira Venter se ‘Swing’ dansgroep danswenners, Cindi-Mari Buitendagh (solowenner), PS Junior Primêr (junior koorwenners) asook Suidkus Akademie (senior koorwenners).

Saterdag was propvol aktiwiteite, van hokkie en netbal, ‘n gesinstap, waterballe, vierwielmotorfietse, reptielvertoning en ‘n spookhuis, om maar ‘n paar te noem. Die potjiekoskompetisie is weer deur Thompson Nissan se bobaasspan gewen, baie geluk!

Saterdagaand is die fees afgesluit met die optrede van Dozi, Wynand en Cheree, ‘Elvis’ en Tersius en die wenners van die talentfees. Die skool bedank graag al die ouers en belangstellendes wat so hard gewerk het en baie tyd opgeoffer het om hierdie fees weereens ‘n treffer op ons kwartaalprogram te maak.

Met haar fluweel stem was Suid-Natal Primêr se Cindy-Mari Buitendagh as die solo wenner gekies by die Hibiskusfees se talentkompetisie verlede Saterdag.
Met haar fluweel stem was Suid-Natal Primêr se Cindy-Mari Buitendagh as die solo wenner gekies by die Hibiskusfees se talentkompetisie verlede Saterdag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button