NewsSchools

SNP landsdieners kamp uit met seediere

Gr 1 leerlinge het verlede week meer van elektrisiteit en die gevare daarvan geleer.

VERLEDE maand het sommige van SNP se landsdieners die unieke geleentheid gehad om binne in uShaka Marine World te kon ‘kamp’. Hierdie opvoedkundige uitstappie het hulle die geleentheid gegee om aan sekere seediere te raak, ‘n interessante dvd te sien en ‘n skattejag in die akwarium te geniet.

Suid-Natal Primêr se gr 1 leerlinge het verlede week, met die gemaak van ‘n koppie boeretroos, meer van elektrisiteit en die gevare daarvan geleer. Hulle geniet die lewens oriëntasie sessies net so baie en so speel-speel ontwikkel hulle hul groot motoriese vaardighede asook hand-oog-koördinasie.

Vyf swemmers, Michelle Kretzschmar, Janine Oosthuizen, Arno Smith, Jeandré Joubert en Liam Botha het op 10 Mei aan die KZN swemproewe deelgeneem. Die span sal later aangekondig word.

Baie geluk aan die 13 seuns wat die Suidkus rugbyspan gehaal het. Daar sal hard geoefen word voordat die KZNproewe by Woodburn in Pietermaritzburg op 22, 23 en 24 Mei plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button