VERLEDE week het Hoërskool Suid-Natal se hokkiedogters teen Creston gespeel en al drie spanne het fantasties gespeel. Die tweede span wen 1-0, O16 wen 1-0 en ongelukkig verloor die eerstes 1-2. Saterdag het die hokkie bokkies teen Scottburgh gespeel en baie goed gevaar. Al die spanne wen, O16 wen 6-0, albei die eerste en tweede spanne wen 5-0.
Die hokkiedogters het ‘n uitloting gehad waarvan die prys ‘n Roto-tank was en die gelukkige wenner van die tenk was Mnr Josphe Sayers. Marco Pretorius en Marozaan Pretorius het die meeste kaartjies verkoop en was ook met ‘n prys daarvoor vergoed. Baie dankie aan almal wat die skool ondersteun het en vir die skenking van die Roto-tenk.
Suidies rugby vs Ashton uitslae: O14 wen 15-14, O16 verloor 7-14 en eerstes verloor 7-38.
In die ATKV redenaars se eerste uitdunronde, het die volgende leerlinge goed gevaar: Juniors, Cerese Botha, Cindy-Mari Buitendag en Yulan Stander. Seniors, Charné Pretorius en Carla du Plessis. HSN is baie trots op Carla du Plessis wat haar pad tot in die halfeindronde oopgepraat het. Slegs 16 leerlinge uit die hele KZN-streek het hier op provinsialevlak deelgeneem. Baie geluk aan Carla vir die besonderse prestasie.
Komende gebeure: 24 Mei, ZC KZN nommer vier, Hilton; en rugby en netbal vs Werda (weg).
