NewsSchools

SNP se Tiaan behaal KZN B-span

Suid-Natal Primêr se landsdieners het weereens tente by die skool opgeslaan vir ‘n klub kamp.

VEELS geluk aan SNP se Tiaan Jacobs wat met die KZN rugbyproewe deurgedring het om die B-span te haal. Die skool is trots op Tiaan en wens hom net die beste toe.

Suidies het Saterdag, 31 Mei, by Port Edward Primary ‘n junior hokkie- en sokkertoernooi bygewoon. Om almal se vaardighede in te skerp, is pretwedstryde gespeel en almal het dit vreeslik geniet. Dankie aan Port Edward vir die gasvryheid en aan al die gr 1, 2 en 3 ouers vir die ondersteuning.

Suid-Natal Primêr se landsdieners het weereens tente by die skool opgeslaan vir ‘n klub kamp. As ‘n handwerkprojek, het leerlinge dierespeelgoed gemaak wat hulle aan die DBV gaan skenk en vir aandete het hulle stokbrood saam met worsies gebraai.

Suid-Natal Primêr landsdieners, Mioné Luyt en Renier Jacobs vertoon hulle handewerk wat gemaak is as a handwerkprojek.
Suid-Natal Primêr landsdieners, Mioné Luyt en Renier Jacobs vertoon hulle handewerk wat gemaak is as a handwerkprojek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button