NewsSchools

SNP hou fantastiese winter sportsdag

Eksamens het hierdie week begin en SNP moedig leerlinge aan om hard te leer om hul beste te lewer.

WEEREENS het Suid-Natal Primêr ‘n baie suksesvolle wintersportdag gehad waar vyftien skole Saterdag met rugby, netbal en hokkie verteenwoordig was. Die sportmangees was fantasties en die skool is dankbaar aan al die buurskole, sowel as dié skole wat van heinde en ver gekom het om saam die sonskyn wintersdag te kon geniet

Aan al die borge, ouers en leerlinge wat hard gewerk het om hierdie dag so glad te laat verloop, wil ons ‘n hartlike dankie sê. Sonder hierdie samewerking is so ‘n geleentheid nie moontlik nie. Die skool is ook trots op al die sportseuns en –dogters wat die skool se naam hooggehou het.

Monitors het verlede week spookasem verkoop om hul prefektefonds aan te vul. Dit was ‘n taai storie, maar almal het lekker saamgewerk vir ‘n goeie doel.

Eksamens het hierdie week begin en SNP moedig leerlinge aan om hard te leer om hul beste te lewer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button