NewsSchools

HSN se bestuur verseker vooruitgang

Die skool se vriendelike en hardwerkende personeel sorg dat die wiel bly draai en is altyd bereid om 'n verskil te maak.

HOËRSKOOL Suid-Natal het hierdie jaar met trots en entoesiasme begin en elke skakel in die ketting is stewig inmekaar gehaak om vooruitgang te verseker.

Opregte dank aan bekwame hoof, Marie Botha, vir die harde werk en aansteeklike entoesiasme waarmee sy HSN bestuur. Mevrou Botha word aan haar oop-deur beleid geken en verwelkom enige ouer of persoon om aan haar deur te klop indien daar ‘n probleem of navraag ontstaan.

Saam met mevrou Botha sorg die bestuurspan dat enige struikelblok weggeruim word, nuwe uitdagings aangepak word en die ratte daagliks goed geolie word om Hoërskool Suid-Natal se 2014 wiel aan die draai te hou. HSN sien uit na die laaste skof van 2014 en sê dankie aan elkeen wat ‘n bydrae lewer om die ratte goed geolie te hou.

Aansoeke vir 2015 sluit 27 Julie en aansoekvorms is beskikbaar by die skool en op die webblad www.suidies.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button