NewsSchools

HSN is trots op Suidie sportsterre

Vanjaar het ses hokkiedogters in hul verskeie ouderdomsgroepe die distrikte-spanne gehaal.

HOËRSKOOL Suid-Natal is baie trots op die hokkiedogters wat so goed presteer het en vanjaar het ses van die skool se hokkiedogters in hul verskeie ouderdomsgroepe die distrikte-spanne gehaal.

Baie geluk aan Marizane Wagenaar, Cheri de Beer, Kayla Massyn (O14), Kofi Mkumla (O16), Marozaan Pretorius en Joalize Saayman (O18). Kofi Mkumla en Marozaan Pretorius het na die finale rondtes van die KZN spanne deurgedring. HSN is baie trots op Marozaan wat die O18 KZN B-span gemaak het en tydens die Julie-vakansie aan die inter-provinsiale toernooi sal deelneem.

Suidie Marozaan Pretorius het onlangs die KZN B-span behaal en sal HSN verteenwoordig by die inter-provinsiale toernooi gedurende die Julie vakansie.
Suidie Marozaan Pretorius het onlangs die KZN B-span behaal en sal HSN verteenwoordig by die inter-provinsiale toernooi gedurende die Julie vakansie.

Baie geluk aan Shanté Schlebusch (O16) en Michelle Wheeler wat as ‘n nie-reisende reserwe vir die O18 span gekies is. Shanté sal tydens die Julie-vakansie by die Ugu Sports and Leisure Sentrum aan die inter-provinsiale netbaltoernooi deelneem.

Welgedaan aan die volgende netbaldogters wat in hul verskeie ouderdomsgroepe in die distriktespanne opgeneem is: (O14) Melissa Morrison, Cara du Plessis, Mikayla Spies, Ashke Theron, Kayla Vosloo; (O15) Charmone Haasbroek, Bronwin van Rooyen, Yulan Stander, Denicke Nel; (O16) Alicia Horne, Tamlyn le Roux, Sinelethu Sonqishe; (O17) Verae Kritzinger, Carla du Plessis, Amanda Smit; (O18) Ashley Nel, Dedré Putter, Shantelle Diedericks, Thalita Sadler; (O19) Clarize Olivier; en, (O21) Ethekwini Federasiespan, Carla du Plessis, Clarize Olivier en Thalita Sadler.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button