DIE Suidies landloopspan het aan die vyfde KZN liga deelgeneem, ‘n asemrowende roete in die Kenneth Stainbank Natuurreservaat. Deelnemers het selfs ‘n zebrawyfie en haar kleintjie deur die wenarea gesien hardloop.
Die landloopspan het uitstekend van hul taak gekwyt en Mikayla Lewis en Rachel Sinyangapi was deur KZN beamptes as belowende landlopers uitgewys.

Die sesde KZN liga, waaraan Suidie landlopers in Pinetown deelgeneem het, was beslis ‘n baie moeiliker uitdaging en roete, en Rachael Sinyangapi het derde, en Mikayla Lewis vierde, in hul ouderdomsgroep geëindig. Die ander het moedig gehardloop, en almal het klaargemaak, selfs na ‘n val of twee.
Baie geluk aan alle deelnemers wat so getrou en hard oefen om landloop by HSN te bevorder. Baie dankie aan mej Madelein Ferreira wat elke dag saam met landlopers oefen en ook aan elke liga deelneem.
Die volgende landloop sal by die KZN Universiteit se sportgronde in Durban plaasvind op 26 Julie.
