NewsSchools

SNP landsdieners word beloon

Die klub het verder twee leierskap, nege goud, 12 silwer, 15 steenbok en 63 meriete toekennings gewen.

SUID-NATAL Primêr verwelkom alle Suidies en nuwe leerlinge en sien uit na ‘n propvol kwartaal, met baie goeie deelname en samewerking.

Vanaf 2 tot 6 Julie het dertig baie opgewonde leerlinge die provinsiale landsdienskamp te Sweetdale bygewoon. Baie aktiwiteite soos zipline, ‘abseiling’, verskillende handewerk en nog vele meer is deur die kampers geniet.

Suidies het uitstekend gevaar en met die jaarlikse prysuitdeling, het SNP se klub die Maud Nettleton en die beste klub toekennings ontvang. Leerling Ankia Stander is aangewys as junior kampleier en vier van die skool se leerlinge is gekies om KZN in Desember by die nasionale kamp in Stellenbosch te verteenwoordig. Verdere toekennings verower deur die klub is twee leierskap, nege goud, 12 silwer, 15 steenbok en 63 meriete.

Gr R opedag inskrywings vir 2015 vind plaas in die skoolsaal op 12 Augustus en afsprake vir gr 1 inskrywings kan vanaf 13 Augustus by die skoolkantoor gemaak word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button