NewsSchools

SNP se ouers stel belang

Voornemende gr R ouers word herinner aan die opedag wat op 12 Augustus in die skoolsaal plaasvind.

SUID-Natal Primêr bedank graag die 302 ouers wat die oueraand bygewoon het – Met sulke belangstelling, kan dit net goeie resultate lewer. Voornemende gr R ouers word herinner aan die opedag wat op 12 Augustus in die skoolsaal plaasvind en 2015 se gr R leerlinge sal dan ingeskryf word. Ouers kan gerus die skool kontak vir verdere besonderhede.

‘n Insiggewende atletiekafrigtingskursus is verlede Saterdag in Durban deur ASA aangebied en ‘n groep van 20 personeellede het dit bygewoon. Leerlinge sal beslis baat vind by die nuwe afrigtingsmetodes.

‘n Groep blokfluitspelers, met onderleiding van onderwyseres Greta Bredell, het verlede Vrydag aan ‘n lieflike musiekprogram by Margate se NG Kerk deelgeneem. Dit was ‘n heerlike ervaring waar leerlinge hulle baie goed van hul taak gekwyt het.

SNP se nuwe monitors het verlede Vrydag ‘n baie aangename opleidingsessie gehad waar leierseienskappe en probleem oplossing bespreek is. Daarna is die middag afgesluit met pretaktiwiteite.

Suid-Natal Primêr se blokfluitspelers (van links) Franco du Plessis, Cornell Kuilder, Billy Delport, Clirizè Berry, Simone Potgieter en Kilana Pretorius het verlede Vrydag aan 'n lieflike musiekprogram by die NG Kerk in Margate deelgeneem.
Suid-Natal Primêr se blokfluitspelers (van links) Franco du Plessis, Cornell Kuilder, Billy Delport, Clirizè Berry, Simone Potgieter en Kilana Pretorius het verlede Vrydag aan ‘n lieflike musiekprogram by die NG Kerk in Margate deelgeneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button