NewsSchools

Suidies presteer tydens streekkamp

Suidie atlete het baie goed gevaar en kan met uitstekende uitslae spog.

‘n GROEP van Suid-Natal Hoërskool se landsdiensklub het tydens die vakansie ‘n streekkamp te Sweetdale bygewoon. Hulle moes selfs een nag in die bosse oorleef, maar het ook aan baie ander opwindende aktiwiteite deelgeneem.

Gedurende die prysuitdeling het die volgende gr 11 en 12 Suidies puik presteer, leierskaptoekennings ontvang en gekies is om KZN tydens die nasionale kamp te Kaapstad te gaan verteenwoordig: Josh du Plessis, Ilze de Wet en Adél van Wyk, met Stian Vermaak en Carla du Plessis is as groepleiers aangewys.

Yulàn Stander (gr 9) het die prestasie silwer toekenning ontvang en Melissa Morrison (gr 8) ontvang meriete, en albei is ook gekies om KZN te verteenwoordig.

HSN se atletiekspan was een van 15 skole wat aan die Kingsway Atletiekbyeenkoms deelgeneem het waar atlete baie goed gevaar het en met uitstekende uitslae kan spog.

Albei Luan Bester (ope seuns spiesgooi) en Bronwin van Rooyen (O15 dogters spiesgooi) het bestaande byeenkomsrekords verbeter.

Komende gebeure, Aug 8, Landsdiens uitstappie – Harmony Hill; Aug 9, Vrouedag – Moedertee, Aug 11 – Spelling Bee.

Onderwyseres Nicolet Schütz (agter, van links), en leerlinge Josh du Plessis, Melissa Morrison, Yulàn Stander, (voor) Adél van Wyk, Ilze de Wet, Carla du Plessis, Stian Vermaak en onderwyseres Marie Botha kan spog oor Hoërskool Suid-Natal se uitstekende landsdiens resultate.
Onderwyseres Nicolet Schütz (agter, van links), en leerlinge Josh du Plessis, Melissa Morrison, Yulàn Stander, (voor) Adél van Wyk, Ilze de Wet, Carla du Plessis, Stian Vermaak en onderwyseres Marie Botha kan spog oor Hoërskool Suid-Natal se uitstekende landsdiens resultate.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button