NewsSchools

Suid-Natal Primêr leer hoe om te help

Gr R leerlinge het ook 'n geleentheid gekry om in die ambulans te ry.

SNPS se gr R leerlinge was verlede week besoek deur die ambulansdiens, Med-Evac, om te leer hoe om beseerde mense te help en na die tyd het hulle ‘n geleentheid gekry om in die ambulans te ry. Baie dankie aan Rudi Prinsloo, Paul van der Merwe en Mfundo Majola wat hierdie ‘n baie interessante ervaring gemaak het.

Alfonso Middleton van die Ekonomiese Bestuurs Wetenskappe 'beklink 'n transaksie' met  gr 7 leerling Jessé Nel.
Alfonso Middleton van die Ekonomiese Bestuurs Wetenskappe ‘beklink ‘n transaksie’ met gr 7 leerling Jessé Nel.

Gr 1 leerlinge is tans besig met die tema ‘speelgoed’ en geniet dit om lang, uitgebreide sinne oor hul speelgoed te skryf.

Alfonso Middleton het gr 7 leerlinge kom toespreek oor entrepreneurskap wat in Ekonomiese Bestuurs Wetenskappe (EBW) behandel word. Die voor- en nadele, sowel as baie opsies is verduidelik. Alhoewel almal dit baie geniet het, besef hulle dat so ‘n onderneming baie harde werk sal vat.

SNP gr 1 leerling, Anrich Pretorius, kan baie skryf oor sy speelgoed.
SNP gr 1 leerling, Anrich Pretorius, kan baie skryf oor sy speelgoed.

Alle leerlinge wat van voorneme is om vir 2015 by SNPS in te skryf moet sonder verwyl vorms by die skool kom voltooi om ‘n plek te verseker.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button