NewsSchools

Suid-Natal Primêr hou pret grR ope dag

Die Blou span het die 'geesbeker' gewen toe die reën nie hulle gees kon demp nie.

SUID-NATAL Primêr se gr R opedag was deur baie nuwe ‘maatjies’ bygewoon en almal was opgewonde en reg vir ‘groot’ skool. Dié wat nog nie vir 2015 ingeskryf het nie moet asseblief die skool kontak aangesien plekke nou beperk raak. Inskrywings vir ander grade is ook nou oop.

 Suid-Natal Primêr se senior ouderdomswenners (agter, van links) Nicole Theron (O11), Joshua Prinsloo (O14), Pieter Gouws (O13), Michelle Kretzschmar (O13), Chanelle Bezuidenhout (O14), Anemé Ludick (O12), (voor) Christopher de Bruyn (O10), Charl Harmse (O12), Zeldenique Scheepers (O10) en Renier Jacobs (O11).

Verlede Vrydag se interhuis-atletiekbyeenkoms was ‘n reuse sukses en Pikkie-maatjies en gr R leerlinge het die dag afgeskop met pret resies wat ouers net so veel as die klein leerlinge geniet het. Na al die veld-en-baan items het die Rooi span die meeste punte ingesamel en weggestap met die wenbeker.

(Van links) Cayden Venter (O9), Liandi du Toit (O9), Zonique du Plooy (O7), André Steyn (O8), Connor Burrows (O7) en Yvonne Buitendach (O8) was almal junior ouderdomwenners by the onlangse interhuis atletiekbyeenkoms.

Die bietjie reën kon nie die Blou span se gees demp nie en hulle het die ‘Geesbeker’ losgeslaan. Die skool is trots op al spanne en atlete, sowel as toeskouers wat hulle soos volwaardige Suidies gedra het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button