SUID-NATAL Primêr is baie trots op al die leerlinge wat aan die onlangse eisteddfod by Creston deelgeneem het. Uit 22 items waaraan hul deelgeneem het is 14 goue en agt silwer medaljes verower.
Nog goeie nuus is dat Arno Smit, Michelle Kretzschmar en Juandré Joubert gekies is vir die KZN skole swemspan wat gedurende Desember in Pretoria vir nasionaal gaan meeding.
Junior LSEN klas leerlinge behandel hierdie week besoedeling en leer van al die negatiewe gevolge daarvan op die pragtige Suidkus. In die kunsklas, maak leerlinge tekeninge van besoedeling en dan moet hulle ook daaroor praatjies lewer.
Status Paneelkloppers het ‘n lieflike nuwe sleepwa aan die skool geskenk en SNP is baie dankbaar vir hierdie groot geskenk wat beslis ‘n geweldige aanwins op die perseel sal wees. Die aanhoudende ondersteuning wat die skool van Status Paneelkloppers geniet is baie waardeer.

