NewsSchools

HSN atlete verbeter persoonlike beste tye

Die aankondiging van die KZN-Skole landloopspan is in spanning afgewag.

HOËRSKOOL Suid-Natal se landloopspan het verlede Saterdag aan die KZN finale rondte deelgeneem. Harde oefening en die getroue deelname aan die KZN landloop-ligas gedurende die jaar het persoonlike beste tye aan al die Suidies besorg.

Die kompetisie was baie straf met meer as 620 deelnemers en dus word die aankondiging van die KZN-Skole landloopspan in spanning afgewag. Die KZN landloopspan wil graag vir ‘MD’ Bester en Riaan Schonken opreg bedank vir die pragtige gazebo wat aan die KZN landloopspan geskenk is.

Dit het Saterdag baie handig te pas gekom gedurende die lang sonnige dag. Die skool wil ook juffrou Nicolet Schütz, die getroue bussiebestuurder opreg bedank. Nicolet offer haar ‘rugbytyd-kyk’ op week na week om die Suidie span te vervoer.

Komende gebeure: 29/8 – Lentebal; 30/8 – CANSA fondsinsameling by Shelly Centre; 3/9 – LSEN opedag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button