NewsSchools

SNPS verower eerste, tweede en derde plek

Landsdieners het 'n eenparige besluit geneem dat die TO Strand klubkamp weer gedoen sal word.

VERLEDE Donderdag was Suid-Natal Primêr gasheer vir die interskole redenaarskompetisie tussen SNPS en Southcity. Sewe leerlinge het deelgeneem en SNPS is trots dat die skool die eerste, tweede en derde plekke verower het.

Leerlinge het die nuwe landlooproete by Creston baie geniet en daar is baie goeie resultate behaal. Landsdieners het ‘n klubkamp te TO Strand gehad en nieteenstaande die koue het hulle dit vreeslik geniet. Daar was bingo gespeel, konsertopvoering gehou, lekker landsdiensliedjies gesing en koningskos geniet. ‘n Eenparige besluit – dit sal weer gedoen word.

Die gr R klas is aan die ontvangkant van ‘n lieflike klimraam, weereens met komplimente van Status Paneelkloppers.

Landlopers (van links) Michael-John Young, Kyle Smith en Leandi du Toit het almal eerste plekke gewen.
Landlopers (van links) Michael-John Young, Kyle Smith en Leandi du Toit het almal eerste plekke gewen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button