HOËRSKOOL Suid-Natal se CANSA Pienkparade-fondsinsamelingsprojek het sommer op ‘n hoë noot afgeskop. Leerlinge werk hard en wil almal bedank wat hierdie projek reeds by die Shelley Centre ondersteun het. Samantha Sweetnam is gelukgewens as wenner van die 2014 CANSA T-hemp ontwerp-kompetisie.
‘n Groep entoesiastiese landsdieners het as ‘n gemeenskapsprojek Harmony Hill Animal Hotel besoek en almal het baie fluks hokke skoongemaak en aandag aan al die diere gegee. Dit was ‘n besonderse voorreg om ook ‘n kontant bedrag aan die eienaars te oorhandig om te help met die versorging van die diere.
Komende gebeure: 5/9 – Gholf en gr 12 Life eksamen; 6/9 – Atletiek (Treverton).

